Die spreekwoord lui: “Die hoogste bome kry die meeste wind”, wat regstreeks verwys na mense in hoë posisies en die verantwoordelikheid wat daarmee gepaard gaan. En ja, hoewel bestuurders dikwels voor moeilike besluite staan, is hul hoofrol tog om in die beste belang van die organisasie of onderneming op te tree, en nie in persoonlike belang nie – veral wanneer dit by dienslewerings aan ’n gemeenskap kom.

Beriggewing oor ’n polisiehoë wie se verblyf maandeliks teen ’n astronomiese bedrag deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens betaal word terwyl gereeld oor kritieke tekortkominge binne die polisie berig word, en waaraan nie aandag geskenk word nie weens die beweerde “gebrek aan finansiering”, is dus rede tot kommer.

Die motiveringspreker en leierskapkonsultant Johnny Philander het onlangs by die opening van die Sondeza-jeugleierskamp (bl. 11) in sy toespraak na rooibaadjieleierskap verwys.

“Rooibaadjieleiers is bereid om uit te staan, raakgesien te word terwyl hulle groot dinge bereik, maar terselfdertyd die mense te dien sonder om die aandag op hulself te vestig. Rooibaadjieleiers stap deur deure met ’n bordjie wat sê geen toegang nie. Hulle skep toegang vir mense wat nie vroeër toegang gehad het nie.”

Die land kan doen met meer rooibaadjieleierskap.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article