Die Maniacs- en West Coast Sharks-rugbyspanne het Vrydag 30 Junie ’n suksesvolle geldinsameling gehou.
Bekende rugbyspelers soos Philip Snyman, Juan de Jongh, Nizaam Carr en ander het die aand bygewoon. Die doel van die aand was om geld in te samel vir albei spanne wat gaan deelneem aan verskillende toernooie met die doel om die Weskus trots te maak.
West Coast Sharks het in 2018 en 2019 aan die Cobras 10’s-toernooi in Maleisië deelneem en is hierdie jaar weer genooi om aan die Cobras se 50ste toernooi deel te neem wat op Saterdag 11 en Sondag 12 November plaasvind.
Maniacs gaan aan die Winelands 10’s-toernooi deelneem op Saterdag 4 November en in Januarie 2024 aan die Cape Town 10’s-toernooi.
Die spanne het geld nodig om hul vliegtuigkaartjies en ander benodigdhede te dek. Enige donasies is steeds welkom.
Tydens die loop van die aand was daar verskeie items op veiling. Die bekende rugbyspelers het ook hul trotse rugbytruie op veiling gehad.
Organiseerders glo gaste het die aand geniet en is dankbaar vir al die ondersteuning. Hulle bedank ook alle borge wat dit moontlik gemaak het.
. Om donasies aan die West Coast Sharks te maak, bel Reon van den Bergh by 079 948 7523 en aan die Maniacs, bel vir Liam Mahoney by 071 133 5247.




