Bestanddele
75 g ongekookte pasta (volkoring- linguine werk goed)
1 eetlepel ongesoute botter
2 knoffelhuisies, fyngemaak
230 g wit knopiesampioene, stingels verwyder
2 eetlepels droë witwyn
60 ml room
60 ml hoenderaftreksel, verminder sout
sout na smaak
30 g gerasperde parmesaankaas
varsgemaalde swartpeper
gekapte vars pietersielie vir garnering
Metode
Kook die pasta in ’n groot pot in sout-kookwater volgens die pakketaanwysings tot al dente. Dreineer die pasta.
Smelt intussen botter oor medium hoë hitte in ’n groot pan. Roer gemaalde knoffel by en laat kook vir sowat 30 sekondes tot geurig.
Plaas sampioene in die pan, koppie- kant na bo. Braai drie tot vyf minute of totdat sampioene begin krimp; roer af en toe.
Voeg witwyn by en prut verder om die wyn en sampioen se sap te laat verdamp (sowat drie minute).
Voeg die room en hoenderaftreksel in die pan, en voeg ’n knippie sout by. Skakel oor na medium hitte en prut totdat die sous effens verdik is, draai die sampioene ’n paar keer om.
Sprinkel parmesaankaas oor die sampioene en roer liggies totdat die kaas gesmelt is. Proe en voeg nog sout by indien verkies.
Gooi die gaar pasta in die pan. Meng goed met die sampioenmengsel en sit dan voor. Sprinkel varsgemaalde swartpeper oor en garneer met gekapte pietersielie. Voeg nog gerasperde parmesaankaas by indien verkies.





