Bestanddele

300 g gewone meel

10 g kitsgis

5 ml sout

15 ml suiker

30 ml sonneblomolie

180 – 200 ml warm water

Metode

Meng die gis en suiker saam in ’n klein koppie met ’n bietjie warm water en roer.

Roer die mengel totdat dit ná ’n minuut of twee skuim. Meng die meel en sout in ’n aparte bak saam en hou dan aan roer terwyl die olie en water bygevoeg word.

Wanneer ’n deeg vorm, voeg die gis en suiker by en meng deeglik.

Keer die deeg liggies op ’n meelbestrooide oppervlak uit en knie vir ’n paar minute.

Wanneer die deeg goed geknie is, plaas dit op die blad en bedek met ’n bak wat liggies met olie gesmeer is, of plaas in ’n plastieksakkie wat met olie gesmeer is. Bedek met ’n klam, skoon bordedoek en laat rys vir ’n uur of totdat die deeg in volume verdubbel.

Verdeel die deeg in 12 gelyke, effens platgedrukte balletjies op ’n meelbestrooide oppervlak. Plaas die balletjies op ’n bakplaat en bedek met kleefplastiek.

Laat rys vir 15 minute.

Plaas die braairooster oor eweredig verspreide kole en verhit. Plaas die rolletjies direk op die rooster vir 15-20 minute.

Wanneer die helfte van die tyd verby is, draai die roosterkoek om. Die roosterkoek is gaar wanneer dit ligbruin is – krakerig buite, en dit klink hol. Verwyder van hitte en sit warm voor. . Alternatiewelik, bak die rolletjies in ’n oond by 180 °C vir 15-20 minute. Die rolletjies moet halfpad deur die baktyd omgedraai word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article