Die vierde en vyfde ronde van die Wes-Kaapse motorfiets-veldren is onlangs in Porterville beslis.
Die deelnemers het aan verskillende kategorieë op die grondpaaie om Pietersklip deelgeneem.
Hoërskool Porterville was betrokke by die toegang en spyseniering van die geleentheid. Hulle bedank al die betrokke personeellede, leerders en individue vir hul harde werk en diens met ’n glimlag.
Die skool is ook baie trots op Willem-Schalk van Wyk, ’n graad 8-leerder, wat aan die 85cc se junior klas deelgeneem het.
Van Wyk was tweede in sy ouderdomsgroep. Op die tweede dag het hy die ren ten spyte van ’n besering voltooi en die algehele vierde plek in die junior klas behaal.





