Roeiers spook sake uit naby die Carinus-brug in Velddrif. Foto: Bergrivier-toerisme

Die jaarlikse Bergrivier-kanowedvaarte begin vroeg volgende maand wanneer roeiers mekaar in die dertiende Weskus-Kano-uitdaag aandurf.

Die gewilde eendagbyeenkoms vind op Saterdag 7 Februarie by die Riviera-hotel langs die historiese Carinusbrug plaas, waar deelnemers hul roei-staal in verskeie afdelings kan wys.

Veral die 20-km-wedvaart vir geregistreerde roeiers sal groot belangstelling lok.

Dit is die eerste van ‘n reeks amptelike wedvaarte in die strawwe Bergreeks-kompetisie.

Dié kompetisie bereik sy hoogtepunt later vanjaar, in Julie, wanneer van die land se toproeiers mekaar in die wêreldbekende Bergrivier-kanomarathon oor vier dae die stryd aansê.

Die byeenkoms op Saterdag 7 Februarie is egter nie net vir toproeiers nie. Pretroei sal volop wees, met wedvaarte oor 5 km en 10 km, terwyl die geregistreerde roeiers oor 16 km en 20 km meeding.


• Bel René Boehm by 073 363 9866 vir nog inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article