Jaarliks op 27 September word Wêreld-toerismedag gevier met die doel om bewusmaking oor die rol van die toerismebedryf te skep en watter bydrae die bedryf maak. Vir Toerismedag het Weskus-toerisme ’n buitelug-samekoms by die Weskus-distriksmunisipaliteit (WDM) munisipale hoofkantoor in Moorreesburg gereël. By dié geleentheid het Weskus Skool se rieldans-groep die personeel met groot vermaak getrakteer. Patrick Cornette (foto) personeellid van WDM, was een van die wenners van die rieldans-kompetisie.


Rieldans vier toerisme

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article