Daar is min dinge wat Afrikaanse mense so baie geniet soos ’n diep boerseun met ’n rasperstem en ’n kitaar in die hand.

Wat nog te sê as dié boerseun liedjies kan skryf wat mense in vervoering het? Riaan Benadé is nie net een van hulle nie, maar voorwaar ook ’n vars briesie in die Afrikaanse musiekbedryf, en sy naam gaan nog lank op mense se lippe wees.

Riaan tree Woensdag 13 Desember om 20:00 by Club Mykonos in Langebaan op.

Kaartjies vir die vertoning kos R250 per persoon en is beskikbaar by quicket.co.za

Belangrike inligting: Sitplekke is teaterstyl en kan nie bespreek word nie. Deure open 19:00. Kontantkroeg beskikbaar.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article