In voorverlede week se berig oor die Saldanhabaai-munisipaliteit (SBM) se voorgestelde tariewe vir die nuwe finansiële jaar, is daar genoem dat water met 4% styg.
Dit verwys slegs na die waterbeskikbaarheidsfooi wat met ’n paar rand opgaan. Die watergebruikfooi styg 0%.
“Dit is nou al die tweede jaar in ’n ry wat goeie bestuur dit toelaat om onveranderd te bly,” sê André Truter, burgemeester van die SBM.

