Ná 750 dae onder inperking het president Cyril Ramaphosa uiteindelik die einde van die ramptoestand aangekondig.

Ramaphosa het Maandag (4 April) gesê verskeie maatreëls van die aangepaste vlak 1-regulasies sal vir die volgende 30 dae steeds gehandhaaf moet word as deel van ’n oorgangsperiodes ná die beëindiging van die ramptoestand.

Tydens die hoogste piek van die Covid-pandemie in die Wes-Kaap was die meeste sterftes op een dag weens die virus 6 215 op 20 Desember 2021. Maandag is 130 aktiewe koronavirus-gevalle in die provinsie aangemeld.

Daaglikse sterftes landwyd het tot 12 gedaal.

Ramaphosa sê weens die daling in die syfers en die belangrikheid om die ekonomie te herstel is die inperkingsmaatreëls se dae getel.

’n Opsomming van die nuwe toestand en inperkingsmaatreëls wat wegval:. Maskers moet steeds binne gedra word, maar maskers buite is nie verpligtend nie.. Reëls in terme van die kapasiteit van ’n venue geld steeds vir sosiale geleenthede. Dit beteken die helfte (50%) van die kapasiteit van ’n venue indien besoekers ingeënt is of ’n negatiewe Covid-toets, nie ouer as 72 uur nie, kan lewer. In die geval waar ’n inentingsbeleid nie geld nie, geld ’n beperking van 1 000 besoekers binnenshuis en 2 000 buite. . Buitelandse besoekers moet hul inentingsertifikaat of ’n negatiewe Covid-toets nie ouer as 72 uur nie kan wys indien hulle die land wil binnekom. . Die R350-toelae vir die verligting van maatskaplike nood gaan steeds beskikbaar wees.. Die vergunning met betrekking tot die geldigheid van ’n leerlinglisensie, rybewyskaart, lisensieskyf, professionele bestuurspermit en registrasie van ’n motorvoertuig, word steeds gehandhaaf.. Alle ander maatreëls het reeds verstryk.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article