Bestanddele
250 g gemaalde varkvleis
100 g pancetta
1 gekapte ui
1 stuk gekapte seldery
1 takkie roosmaryn
300 ml hoenderaftreksel
swartpeper na smaak
250 g gemaalde lamsvleis
200 g tagliatelle
1 gekapte wortel
1 koppie tamatiepuree
150 ml rooiwyn
sout na smaak
2 eetlepels olyfolie
Metode
Kook pasta volgens die aanwysings op die verpakking. Verhit die olie in ’n pan oor medium hitte. Voeg ui by en soteer vir 2 minute. Voeg dan die wortels, seldery en roosmaryn by. Soteer vir 3-4 minute.
Voeg die pancetta en al twee soorte gemaalde vleis by. Laat alles saam kook vir sowat 10 minute. Wanneer die vleis byna gaar is, voeg rooiwyn by en kook vir 5 minute of totdat die wyn verdamp.
Voeg dan tamatiepuree by en meng goed, en daarna die hoenderaftreksel. Laat dit vir nog 40 minute op lae hitte kook. Indien die hoenderaftreksel sout bevat, is dit nie nodig om nog sout by te voeg nie. Voeg wel swartpeper by, na smaak. Die sous is gereed wanneer dit begin verdik en ’n rooi kleur het.
Voeg gekookte pasta by en sit warm voor.





