Die polisie het Saterdag naby Dwarskersbos op 530 g tik en 5 000 Mandrax-tablette beslag gelê. Foto: SAPD


Lede van die Weskus- landelike blitspatrollie het ’n man van Koekenaap Saterdag langs die Dwarskersbospad in hegtenis geneem nadat meer as R310 000 se dwelms by hom gekry is.

Volgens kapt. Tania Helfrich, die polisiewoordvoerder vir die Weskus-disktrik, is Luthando Mnisi (43) Saterdagaand omstreeks 19:00 deur die blitspatrollie op die Dwarskersbospad by ’n padblokkade voorgekeer.

Omdat hy vir die polisiebeamptes paniekerig voorgekom het, het hulle sy bakkie met sy toestemming deursoek en beslag gelê op 5 000 Mandrax-tablette ter waarde van R200 000 en 530 g tik met ’n straatwaarde van R110 000.

Mnisi, wat in 2015 skuldig bevind is aan poging tot huisbraak in Worcester, het Maandag in die Laaiplek-landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article