Vredenburg-skopboks se Zane Esue, Miguel Ocks, Deanne Pienaar, Skey-Lee Jeneker, afrigter Baine Ocks en sensei Theresa Pienaar in hul baadjies.Foto:


Die afgelope naweek was dit weer ’n groot eer vir ses lede van Vredenburg-skopboks om amptelik hul Protea-baadjies te ontvang.

Twee afrigters en vier skopboksers het Suid-Afrika verlede jaar by die Junior Wêreld-skopbokskampioenskap in Italië verteenwoordig. Danksy dié prestasie het Zane Esue, Miguel Ocks, Deanne Pienaar, Skey-Lee Jeneker, afrigter Baine Ocks en sensei Theresa Pienaar hul baadjies ontvang.

Hendrik Pienaar, Weskus-skopbokspresident, het die Weskussers gevra om hul Protea-baadjies met trots te dra en goeie gedrag oral en altyd te handhaaf.

Hy het ook Melissa Pedro van die departement van sport en kultuur en haar span vir hul ondersteuning sowel as die Saldanhabaai-munisipaliteit se onderburgemeester, Charmaine Laubscher, en al die borge wat die klub deur die jaar ondersteun het, bedank.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article