Al die vroue wat die dag bygewoon het.Foto: Noluvu Ludidi


Die Weskus se hart klop sterk in Afrikaans. Dagbreek Sentrum vir outisme in Vredenburg het in samewerking met Afrikaans 100 ’n onvergeetlike program aangebied wat ouers, onderwysers en die gemeenskap bemagtig het om die rol van taal vir die nie-verbale kind beter te verstaan.

Die geleentheid het op Saterdag 11 Mei plaasgevind. Altesaam 25 mense het die dag bygewoon.

Volgens Shemone Bokhary, praktykeienaar van Dagbreek Sentrum, was die dag ’n reusesukses. Dagbreek Sentrum is ’n instelling wat op vroeë intervensie en gedragsmatige onderwys fokus en wat in ’n veilige en inklusiewe ruimte aangebied word vir kinders op die outismespektrum en hul families.

Gaste het deur die dag die geleentheid gehad om onderwerpe en gesprekke te hoor deur verskeie studente van die Universiteit van Kaapstad, René Arendse, die nasionale adjunkkoördineerder van Afrikaans 100, Bokhary en meer.

Bokhary voeg by dat outisme almal se besigheid moet wees. “As ’n gemeenskap moet ons saam die sluier lig waaronder outisme leef.”

Bokhary beoog om nog sulke geleenthede aan te bied.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article