Werk aan die gebou van die polisiediens in Vredenburg gaan steeds voort en die publiek word uit ’n mobiele aanklagkantoor bedien.
Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder vir die Weskus-polisie, lyk dit nie of die situasie gou gaan verbeter nie.
Weslander het verlede week berig oor die stormskade aan die dak wat strome water in die oefenkamer en store laat deurlek het (“Storms tref polisiekantoor”, 18 Julie).
Dossiere is beskadig en duur toerusting en verkragting-toetsstelle sal nie meer gebruik kan word nie.
Twee weke ná die storm op 10 Julie werk die polisiebeamptes steeds in goor omstandighede in ’n vrot mufreuk. Dié stank kom hoofsaaklik van die matte in kantore wat nat geword het en wat nie sedertdien in die reënerige weer kon uitdroog nie.
Die speurders deel steeds hul kantore wat nie nat geword het nie, met hul uniform-kollegas.
’n Polisiebeampte wat met asma sukkel, het inmekaargesak weens die ongesonde lug in die kantore.
Volgens Helfrich kom die probleme met die gebou egter al jare aan, met seker een van die grootste kwelpunte die polisieselle wat nou weer eens nie vir aangehoudenes gebruik kan word nie.
Wanneer mense in die Vredenburg-omgewing in hegtenis geneem word, moet hulle by ander polisiekantore in die gebied gehuisves word. Die beamptes moet hulle dan daar gaan prosesseer en hulle moet ook van daar na die hof in Vredenburg geneem word.
Die dreine en toilette in die selle bly verstop – ’n probleem wat die polisie reeds jare onder die eienaar, ’n private trust, se aandag bring. Die departement van openbare werke en infrastruktuur huur die gebou namens die polisie by dié private trust.
Volgens Lennox Mabaso, ’n woordvoerder vir die departement, is sy departement steeds besig om die omvang van die skade te bepaal en die instandhoudingsplan vir die gebou te ondersoek.
Dossiere is beskadig en daar is duur toerusting en verkragting-toetsstelle wat nie gebruik sal kan word nie.
Twee weke ná die storm op 10 Julie werk die polisiebeamptes steeds onder goor omstandighede in ’n vrot mufreuk. Dié stank kom hoofsaaklik van die matte in kantore wat nat geword het en wat nie sedertdien in die reënerige weer kon uitdroog nie.
Die speurders deel steeds hul kantoor wat nie nat geword het nie, met hul kollegas.
’n Polisiebeampte wat met asma sukkel, het inmekaargesak weens die ongesonde lug in die kantore.
Volgens Helfrich kom die probleme met die gebou egter al jare aan, met seker die een van die grootste kwelpunte die polisieselle wat nou weer eens nie vir prisoniere gebruik kan word nie.
Wanneer mense in die Vredenburg-omgewing in hegtenis geneem word, moet hulle by ander stasies in die area gehuisves word. Die beamptes moet hulle dan daar gaan prosesseer en hulle moet ook van daar na die hof op Vredenburg geneem word.
Die dreine en toilette in die selle bly verstop, ’n probleem wat die polisie reeds jare onder die eienaar, ’n privaat trust, se aandag bring.
Die departement van openbare werke en infrastruktuur huur die gebou namens die polisie by ’n privaat trust. Volgens Lennox Mabaso, ’n woordvoerder vir die departement, is sy departement steeds besig om die omvang van die skade te bepaal en die instandhoudingsplan van die gebou te ondersoek.




