Nóg nie vir jou ma, vrou of ouma iets gekry vir Moedersdag nie? Skryf nou in vir die Liefies Can Rally 2024in Vredenburg hierdie Saterdag (11 Mei).

Lootjies om ’n motorfiets te wen, is ook te koop.

Volgens Elfrieda Engels, die organiseerder, skryf spanne van twee met hul motor in en moet hulle dan saam kopkrap oor waar die volgende punt op die geheimsinnige roete gaan wees.

Dit begin om 14:00 by die Skilpadsaal op die Vredenburg-sportterrein in Esperiastraat.

By elke punt gaan allerhande geheimenisse opgelos of ’n paar truuks met die motor uitgehaal moet word.

Egpare kan ander wys hoe dit gedoen word of ondernemings kan ’n spanbougeleentheid daarvan maak.

Die Liefies CanRally word gehou ten bate van Cancervive, ’n organisasie sonder winsoogmerk, wat hom beywer om mense bewus te maak van die vroeë opsporing van kanker en ook kankerlyers en hul families ondersteun.

Engels nooi spanne om ’n tema te kies en lekker mal te gaan met uit-die-boks-idees vir uitrustings. Benewens ’n prys vir die span met die oulikste uitrusting, word die drie spanne wat die beste vaar, ook met pryse beloon.

Daar is ook R50-lootjies beskikbaar om ’n kans te geniet om ’n motorfiets te wen.

Verder gaan daar ook verskeie gelukstrekkings gehou word voordat die pretdag met ’n mandjiedans in die saal afgesluit word.

Vir die kleinspan wag ’n springkasteel, springmielies en lekkernye terwyl Pappa na ’n uitstalling van nuwe motors sal kan kyk. Ander stalletjies bied kos, juwele, droëvrugte en klere.

Koop sommer nou jou kaartjie via Quicker (https://qkt.io/RGPcff) of by die registrasiepunt by die Skilpadsaal by die Vredenburg-sportterrein. Kaartgeriewe sal beskikbaar wees.. Bel Elfrieda by 082 854 3145 vir nog besonderhede.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article