Die wenners van die modelvertoning, Berel Brown en Piet Dokter.Foto:


Die Green Lillies-bejaardeklub in Vredenburg het na Lambertsbaai gereis om van ’n tweejaarlikse geleentheid tussen Vrydag 22 en Sondag 24 November deel te wees.

Ander klubs van verskeie munisipaliteite het ook die geleenthede bygewoon.

Die naweek het met ’n talent- konsert begin, gevolg deur strandsport die Saterdagoggend. Die klubs het die middag aan ’n vasvra-kompetisie deelgeneem met onderwerpe soos die Bybel, landbou en ander algemene vrae.

In die vasvra-afdeling het Lambertsbaai se klub koning gekraai – Graafwater was tweede en Josh Hill en Dina Geyer van Vredenburg was in die derde plek met die pragtige wissel- trofee.

Saterdagaand het die seniors op die loopplank tydens hul modelvertoning uitgehaal. Op die loopplank was Piet Dokter, wat namens Green Lillies-klub paradeer het, en Berel Brown van die Saldanha-klub, wat as wenners aangewys is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article