Die grootmeesters-span is agter, van links: Wayne Esau, Barbara Amor en Hein van Staden. Voor is Danie van Zyl, Lynette Hibbert en Gert Hibbert.


Die Weskus-streek se potspelspelers het van 13 tot 27 April aan die Suid-Afrikaanse 8-bal-kampioenskap (vroue en grootmeesters), wat in Bellville, Kaapstad, gehou is, deelgeneem.

Die grootmeesters-span het alle verwagtinge oortref en tot Saterdag 27 April se eindronde deurgedring. Hoewel hulle teen ’n baie mededingende Gauteng-Noord in die eindstryd verloor het, het passie en deursettingsvermoë gesorg vir ’n algehele en welverdiende tweede plek.

Die span is veral trots om te deel dat vier van sy grootmeesters – Danie van Zyl, Gert Hibbert, Hein van Staden en Wayne Esau – gekies is om Suid-Afrika in die 2025-Wêreld-8-bal-toernooi te verteenwoordig.

Spesiale geluk aan Hibbert wat in die grootmeestersafdeling erkenning gekry het as toppresteerder van die toernooi.

Die vroue-kampioenskap het die week van 13 tot 19 April plaasgevind. Die Weskus-span het ’n baie goeie algehele sesde plek behaal.

Die Weskus-span wens Inelda Heyns geluk. Sy het nie net die span trots gemaak in haar pos as voorsitter nie, maar het ook as die toppresteerder van die toernooi in die vroue se B-afdeling weggestap.

Weskus-8-bal is trots op elke speler wat aan die kampioenskap deelgeneem het.

Met hul groot passie vir die sport gaan sekerlik nog ook groot hoogtes bereik word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article