Die Weskus se bobaas-potspel-vrouespan is Inelda Heyns, Madré Olivier, Elanie Botha, Barbara Amor, Drien Booth en (voor) Vigeniëa Payne en Chanel le Roux.


Gedurende Februarie en Maart het potspelspelers meegeding om gekies te word om Weskus-streek by die Suid-Afrikaanse potspel-kampioenskap te verteenwoordig.

Die kampioenskap sal van 29 April tot 13 Mei by die White City- veeldoelige sentrum in Saldanha vir die vroue en meesters plaasvind.

Die seniors en die ope-spanne sal eers later vanjaar gekies word. Die kampioenskap vir seniors en die ope sal van 16 tot 30 September plaasvind.

Die streekspelers wens hul medespelers wat vir die spanne verkies word geluk.

Die grootmeesterspan is Gert Hibbert (kaptein), Gerald McMaster, Hein van Staden, Neil Schnetler, Barbara Amor, met Lynette Hibbert as bestuurder en skeidsregters Labeeb Arendse en Johan Janse van Rensburg.

Die meesterspan is Sydney Booth (kaptein), William Huisamen, Mark de Jager, Hilton Bester, Basie Basson, met Cedric Mitchley as bestuurder en skeidsregters André de Vos en Vigeniëa Payne.

Madré Olivier is kaptein van die vrouespan. Die res van die span is Inelda Heyns, Barbara Amor, Vigeniëa Payne, Elanie Botha, met Chanel le Roux as bestuurder en skeidsregters Drien Booth en Johan Janse van Rensburg.

Om by potspel in die Weskus-streek aan te sluit, kontak Gert Hibbert by 083 287 6833 of Inelda Heyns by 066 034 5751.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article