Odwa Collen Hlahla Foto:


Die Vredenburg-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe vra die publiek se hulp om Odwa Collen Hlahla (26) van Makhaya Dorra Thamame, Mandela Park in Khayelitsha, op te spoor.

Hlahla, ’n student op Vredenburg, is in Oktober 2022 laas gesien toe hy op ’n aanklag van verkragting in die streekhof op Vredenburg verskyn het. Hlahla het nooit vir sy volgende hofverskyning, op Vrydag 4 November, opgedaag nie.

Hlahla is op 31 Julie 2020 in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n 24-jarige meisie op 11 Mei 2020 na sy huis in Vredenburg, gelok en haar glo herhaaldelik verkrag het.

Enigiemand met inligting oor Hlahla word versoek om die ondersoekbeampte, speursersant Meyer Milstein, by 079 879 8588 te bel, of Crime Stop by 08600 10111.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article