Dié dwelmmiddels en geld is in ’n man van Vredenburg se motor gevind.


Die plaaslike polisie het vyf mense in twee afsonderlike voorvalle op aanklag van die besit van dwelms en dwelmhandel in hegtenis geneem.

Polisiebeamptes van Vredenburg se misdaadvoorkomingseenheid het Woensdag 19 Januarie vir Uchema Nkleke (26) van Vredenburg op die R45 voorgekeer. Nkleke se voertuig is deursoek en die polisie het op 75,81 g tik, 5,26 g kokaïen, sewe Mandrax-tablette, 38,03 g dagga en R300 beslag gelê. Hy het Vrydag 21 Januarie in die hof verskyn.

Vrydagaand het lede van die Redelinghuys-, Eendekuil-, Piketberg- en Porterville-polisiekantore sowel as die plaaslike polisiehonde-eenheid en die Redelinghuys- nasionale plaaswag saamgespan en nog dwelmverdagtes vasgetrek. Vier mans is in Porterville in verband met die besit van dwelms en handel in dwelms in hegtenis geneem.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article