Die Houtbaai-polisie is op soek na die familie van ’n man wat glo amper vier dekades terug in Saldanha gewoon het.

Volgens AO Yolanda Kotze, woordvoerder van Saldanha-polisie, is die plaaslike speurtak onlangs deur Houtbaai se speurtak gekontak met betrekking tot dié man (59) wat blykbaar 38 jaar gelede in Sardienastraat, Diazville, in Saldanha gewoon het.

Die man gebruik glo nie sy eie naam nie, maar is bekend aan verskeie mense as Ralph Smit, Don Schoeman of Rudolf Smit.

Kotze sê volgens inligting wat ontvang is, het die man ’n suster met die naam Angie. Sy ma se naam is glo Charlotte.

Enigeen wat moontlik die Houtbaai-speurtak kan bystaan met hul ondersoek word vriendelik versoek om sers. Hellenic Jones by 021 791 8660 of 082 469 2576 te bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article