Die polisie se stalletjie het groot aftrek by vandeesweek se loopbaan-ekspo in Saldanha gekry.


Die Weskus-polisiedistrik het aan die loopbaan-ekspo, wat vandeesweek in Saldanha gehou word, deelgeneem.

Die ekspo word by die Saldanha-nywerheidsontwikkelingsone (Nos of IDZ in Engels) in die administratiewe gebou in die Nos se toegangspad aangebied.

Dit het Maandag 3 Oktober en Woensdag 5 Oktober plaasgevind. Die laaste dag van die ekspo is môre (Vrydag 7 Oktober).

Hoërskoolleerders word na die geleentheid genooi om meer oor die verskillende beroepe aan die Weskus uit te uitvind.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die distrik, het die polisie se stalletjie en aanbieding groot aftrek gekry en sy sê dis wonderlik om te sien dat die nuwe geslag groot belangstelling in ’n beroep in die polisiediens toon.

Helfrich is baie beïndruk met die professionele manier waarop die ekspo aangebied is en sê sy is dankbaar om te sien die leerders het darem ook iets te ete by die ekspo gekry.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article