Die Vredenburg-polisie het Donderdag 1 September inligting ontvang dat ’n vragmotor met twee waens op die Velddrif-pad gesien is.
Die vermoede was dat die twee waens die einste twee waens is wat in Julie vanjaar in Bellville gesteel is.
Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder van die Weskus-streek, het polisiebeamptes die inligting opgevolg, die vragmotor voorgekeer en op die twee waens beslag gelê.




