Die polisie het ’n bakkievrag vermoedelik gesteelde staal by Green Village ontdek voordat die vermeende diewe daarmee kon wegkom.Foto:


Die polisie het verlede Woensdagaand (10 Augustus) drie mans in hegtenis geneem wat glo besig was om Transnet se staal by Green Village op die R45-pad te steel.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-streek, het die Weskus se landelike blitspatrollie inligting ontvang dat mense besig was om staal in ’n voertuig by Green Village te laai.

Die blitspatrollie is na die toneel, waar hulle om 22:30 drie vermeende diewe op heterdaad betrap het. Met hul aankoms het die blitspatrollie ook ’n rooi Ford Bantam-bakkie aangetref, wat reeds swaar vol staal gelaai was.

Die drie verdagtes van 19, 20 en 61 is in hegtenis geneem en het Vrydag in die Vredenburg-landdroshof verskyn. Die saak is tot 2 September uitgestel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article