’n Verdagte is in hegtenis geneem weens die moord die afgelope naweek op ’n plaaswerker (57) van Piket Bo-Berg. Dié vrou se lyk is Dinsdag laatmiddag langs ’n voetpaadjie tussen twee plase gekry. Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder, was die lyk onder stukke sink tussen gras versteek, sowat 5 km van haar huis af. Sy is die laaste keer Saterdagaand op ’n buurplaas gesien voordat sy huis toe gestap het. Sy is Sondag as vermis aangee.

Min inligting was teen druktyd beskikbaar.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article