Roy Walsh (die voorsitter van AfriForum se Hopefield-plaaswag), Granwill van Boven (Saldanha-brandweer), Eugene Smit (bedryfsleier vir AfriForum se Hopefield-plaaswag) en Chriswin van Schalkwyk (Saldanha-brandweer).


Die AfriForum-plaaswag in Hopefield het onlangs opleiding in veldbrandbestryding en -beheer ontvang.

Dit volg nadat ’n nood vir dié soort opleiding in die gemeenskap ontstaan het toe ’n brand nie lank gelede nie uitgebreek het. Tydens dié voorval het groot onsekerheid geheers oor hoe om die brand te hanteer, waarna AfriForum die Saldanha-brandweer om hulp met opleiding in hierdie verband genader het.

Die brandweer het die opleiding op Donderdag 21 November vir die AfriForum-plaaswaglede sowel as aan boere en plaaswerkers in die gemeenskap aangebied.

Volgens Johan Crous, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Weskus, het die brandseisoen vanjaar in die Wes-Kaap vroeg begin. “Brande moes al vroeg in Oktober bestry word. Die klimaatsverandering maak dit moeilik en aanpassings moet gereeld vir hierdie taak gemaak word. Die ‘Kaapse Dokter’ (suidoostewind) kan dinge maklik laat skeefloop – terwyl die brand bestry word, kan die wind vir dae aaneen sterk waai en ’n paar keer rigting verander [en] kort voor lank het ’n klein brand handuit geruk en kan dit dae en selfs weke voortduur,” sê Crous.

Eugene Smit van AfriForum se Hopefield-plaaswag sê danksy die Saldanha-brandweer se opleiding is hulle nou beter voorbereid op die bestryding en beheer van veldbrande.

“Dit wys net weer eens hoe die gemeenskap en plaaslike regering mekaar onderling bystaan en saam groter suksesse kan bereik. Ons is bevoorreg om sulke goeie samewerking met die Weskus- en Saldanhabaai-munisipaliteit te kan geniet,” voeg hy by.

As enigiemand by AfriForum-projek­te in dié omgewing betrokke wil raak, bel Sidney Monk, die voor­sitter van AfriForum se Weskus-tak in Lange­baan, by 079 168 8383 of stuur e-pos na voorsitter.weskus@ afriforumtak.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article