Die vrouespan: Inelda Heyns (kaptein), Madré Olivier, Barbara Amor, Eveline Pieters, Teresa Heinse, Elanie Botha (bestuurder), Drien Booth en Vigeniëa Payne (skeidsregters).


Plaaslike potspelspelers het van 23 tot 30 April meegeding om gekies te word om die Weskus-streek by die Suid-Afrikaanse potspelkampioenskap te gaan verteenwoordig.

Die kampioenskap sal van 2 Julie tot 4 Julie in Saldanha by die White City- veeldoelige sentrum gehou word.

Verskeie spanne is vir die geleentheid gekies.

Die meesters-A-span sluit Gert Hibbert (kaptein), Ryno Jacobs, Gerald McMaster, Basie Basson, Hein van Staden, Lynette Hibbert (bestuurder) sowel as Karel Thiart en Johan Janse van Rensburg (skeidsregters), in.

Francisco Mentoor (kaptein), William Huisamen, Sydney Booth, Neil Schnetler, Mark de Jager, Delia Stevens (bestuurder) en André de Vos en Cedric Mitchley (skeidsregters) sal die meesters-B-span wees.

Die o.18’s is Juandrian Witbooi, Justin Burger, Adriaan Visser, Jesse Johnson. Ruduwaan Welkom en Carlo Taft (reserwe), wat op die proef gestel sal word. Hul bestuurder is William Huisamen met Johan Janse van Rensburg en Drien Booth die skeidsregters.

Weskussers sal ook deelneem as ’n senior, junior, vroue- en ope span. Indien enigiemand wil aansluit, bel Gert Hibbert by 083 287 6833 of Inelda Heyns by 066 034 5751.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article