Die akteur, sanger en liedjieskrywer Philip Moolman het bekendheid gewerf vir sy romantiese hoofrolle in Egoli, Die Prins Van Pretoria en Sonkring, en is ook ’n mede-stigter van die gewilde Blou Hond-teaterrestaurant in Pretoria, waar van die beste plaaslike kunstenaars elke week optree.
Philip se Neil Diamond Tribute word hoog aangeskryf en is ’n groot treffer landwyd.
Weskussers kan Saterdag (15 Julie) sy gewilde tribute by Die Koelkamers in Paternoster kom beleef.
Die vertoning sal soos volg verloop: Philip se gewilde Neil Diamond Tribute in die eerste helfte en daarna Lekker Afrikaanse Liedjies asook Engelse Goue Oue- party-covers ná die pouse.
Dit is ’n lekker goed-voel-geleentheid vir oud en jonk.
Die vertoning begin om 17:00 en kaartjie kos vanaf R115.
Om te bespreek, besoek www.diekoelkamers.com





