Met ‘n ryk, smaaklike vulsel wat verskeie voorkeure bevredig, is ‘n pepersteak-pastei gewis die resep om te volg:

Bestanddele

400 g beesvleisblokkies

1 tl koekmeel

2 eetl steakspeserye van jou keuse

2 eetl olie

1 groot ui, gesny

1 groen soetrissie, fyn gekap

1 eetl fyngedrukte knoffel

2 eetl vars tiemie

2 eetl gemaalde peper

400 g gesnyde sampioene

1 eetl tamatiepasta

1 blokkie beesvleisaftreksel opgelos in 300 ml water

200 ml room

1 tl pietersielie

400 g klaargemaakte blaardeeg

1 geklitste eier

1 tl sout

8 snye wit cheddarkaas

Metode

1. Bedek die biefstukrepies in ‘n bak met sout, peper, meelblom en vleisspeserye.

2. Voeg 1 eetlepel olie by ‘n verhitte pan en braai die biefstukrepies op hoog totdat hulle goudbruin is.

3. Voeg die oorblywende olie by die pan, saam met die ui en groenrissie. Braai totdat die groente ‘n bruin kleur begin kry.

4. Voeg die knoffel en tiemie by en braai vir ‘n minuut voordat die sampioene bygevoeg word.

5. Kook totdat die sampioene begin bruin word, voeg dan die tamatiepasta by en meng goed.

6. Voeg die room en beesvleisaftreksel by. Bedek met ‘n deksel en kook oor

medium hitte totdat die aftreksel verminder en ‘n lekker dik sous gevorm het – ongeveer 30 minute.Voeg die pietersielie by. Sit eenkant en laat heeltemal afkoel.

7. Verhit die oond tot 200 °C.

8. Sny die blaardeeg in vyf sirkels. Skep twee eetlepels van die afgekoelde biefstuk-

en-sampioenmengsel op die een kant van die deegblad met ‘n sny wit cheddarkaas; vou dan die ander kant oor die vulsel en druk dit in sodat die vulsel in die deegdop verseël is. Sny ‘n klein kruisie bo-op elke pastei met ‘n skerp mes sodat stoom kan ontsnap terwyl dit bak.

9. Klits die eier en verf dit dan oor die pasteie. Bak totdat die deeg ‘n mooi goudbruin kleur het – ongeveer 30 minute.

10. Laat die pasteie vir vyf minute afkoel voor opdiening.

Bron: Food Lover’s Market recipes: foodloversmarket.co.za/recipe/pepper-steak-pie-recipe/

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article