’n
Brother
en ’n legende.
Daar is soveel wat ’n mens kan sê oor Paul Pretorius. Hy het voluit gelewe saam sy familie en sy brothers in die biker-gemeenskap. Gedurende die tyd wat hy geleen is, het hy ongelooflik baie bereik in alle aspekte van sy lewe.
In die biker-gemeenskap was hy nie net ’n lid nie, hy was ’n leier. Hy het gedien as president van die Megaforce Weskus-klub en was ’n trotse lid van die Best of Friends (BOF), ’n eksklusiewe groep waarvoor slegs tien lede in Suid- Afrika gekies word. Hierdie eer het hom deel gemaak van Megaforce Suid-Afrika. Daarbenewens was hy die streekspresident van die Wes-Kaap en het hy ook as die ondervoorsitter van die Weskus-motorfietsvereniging opgetree.
Paul was beslis ’n man van sy woord. Wanneer jy sy hulp nodig gehad het, was hy daar, sonder twyfel.
Wat hom egter werklik uitgesonder het, was sy liefde vir sy familie.Hy het altyd sy gesin eerste gestel en hulle in alles betrek wat hy aangepak het.
Hy laat ’n groot leemte in sy gemeenskap en sal ongelooflik gemis word deur sy biker-familie.
Paul se nalatenskap sal voortleef in die harte van almal wat hom geken het.
Rus sag, Paul.
Jy was werklik ’n legende.
President: Megaforce-motorfietsklub Suid-Afrika




