’n Voorbeeld van ’n vervalste lasbrief. As ’n mens noukeurig die dokument nagaan, sal jy oplet daar is ’n paar elemente wat verdag lyk. Kan jy hierdie verdagte elemente uitken?


Pasop vir swendelaars wat hulle as polisiebeamptes met vervalste lasbriewe voordoen.

Hulle gebruik vrees om mense uit hul geld te kul.

Volgens kapt. Tania Helfrich, polisiewoordvoerder aan die Weskus, is hierdie slenter in die gebied aan die toeneem.

Só werk die slenter: Die swendelaar doen hom voor as ’n man van die gereg en oorhandig ’n lasbrief vir inhegtenisneming aan die slagoffer.

Die slagoffer skrik groot en betaal die bedrag geld versoek deur die skelm sodat hy nie in hegtenis geneem sal word nie.

In ’n onlangse voorval is ’n inwoner van Langebaan met ’n vervalste lasbrief gedreig om die “beampte” R10 000 te betaal om inhegtenisneming te vermy.

“Enige sulke voorvalle moet onmiddellik aan die naaste polisiekantoor gerapporteer word,” maan Helfrich. Sy stel voor dat enigeen wat ’n lasbrief ontvang moet kalm bly en die brief vir egtheid nagaan.

Kyk uit vir spelfoute, ’n onprofessioneel opgestelde briefhoof of verkeerde benamings van wette.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article