Die twee paramedici wat op Vrydag 21 Julie ernstige brandwonde opgedoen het toe ’n suurstoftenk in ’n fratsongeluk ontplof het, herstel “wonderbaarlik”.

Elowayne Gouws, direkteur van West Coast Medical Rescue op St. Helenabaai, is weer op sy pos. Hy het gesê dat sy kollega, Rex Simpson, wat ook in die ontploffing beseer is, nog by die huis aansterk.

Linda Sonneveld, Gouws se ma, glo dat God anders besluit het as die dokters wat gesê het dat Elowayne “maande in die hospitaal gaan wees”, en ’n wonderwerk bewerkstellig het. “Ons is dankbaar teenoor ons Groot Geneesheer.”

Elowayne het ook gesê wanneer hy en Rex weer reg is vir foto’s sal hulle laat weet.

Hulle het albei erge brandwonde aan die gesig en bolyf in die ontploffing opgedoen.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article