Cayden Snyders, ‘n leerder aan die Laerskool Panorama, is in die Boland-o.12A-rugbyspan opgeneem. Hy voeg hom by ‘n uitgesoekte groep vooraanstaande rugbyspelers wat hierdie groot mylpaal bereik het. Op die vraag hoe hy oor die prestasie voel, het Snyders nederig gesê hy het alles te danke aan sy uitstekende afrigters, Elmore Bailey (hoofafrigter), Gustav Job, Almore Kuilders en Logan Richards (afrigter), wat hom elke tree van die pad ondersteun en gevorm het. Die skool is baie trots op Snyders en sê die beste lê nog vir hom voor. Bo staan Bailey, Job, Snyders en Kuilders. Afwesig: Logan Richards.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article