Die sanger Adam Tas kom Saterdag 22 Junie na Die Koelkamers. Tas, die boeredigter uit die Bosveld, bring vir sy gehoor van sy grootste treffers van sy drie platinumalbums – kos-vir-die siel-musiek wat al langer as ’n dekade in die harte van Suid-Afrikaners woon. Hy bring ook splinternuwe liedjies wat die hart sal was en die voete sal laat dans. Die vertoning begin om 17:00. Kaartjies kos tussen R184 en R288. Om te bespreek besoek www.diekoelkamers.com.


Pak jou tas en kom luister

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article