Die Paarlberg-fees word op 4 Maart vir die eerste keer by die Faure-stadion in die Paarl aangebied.

Feesgangers kan uitsien na vermaak deur van die land se voorste kunstenaars, soos Riaan Benade, Robbie Wessels, Spoegwolf en Francois van Coke.

Danksy die Paarl se lekker warm weer sal koeldranke en alkoholiese verversings beskikbaar wees. Hamburgers, pizza’s, hoenderrepies, piekniekmandjies en vele meer kan geniet word.

Die hekke open om 13:30 en die eerste optrede begin om 14:30.

Kaartjies is te koop by Quicket.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article