Skote het in die huis geklap.

Volgens ’n pa en seun van Darling het twee mans Maandag om 21:30 by hul huis ingekom en op hulle begin skiet.

Sers. Johnatan Filander, woordvoer­der van die Darling-polisie, sê die pa en seun het die skieters daarna agterna­gesit en daarin geslaag om die vuur­wapen van hulle af te vat.

Die vuurwapen is aan die Darling-polisie oorhandig. Filander sê dié bendeverwante voorval het op 18 April by ’n huis in Akkerboomlaan plaasge­vind. Vier ooggetuies het bevestig wat gebeur het en twee verdagtes, wat ook van Darling is, is sedertdien in hegtenis geneem. Hulle verskyn vandeesweek in die hof.

Die vuurwapen wat deur die skieters afgevuur is, se reeksnommer is verwy­der, wat beteken dat die vuurwapen heel waarskynlik onwettig of gesteel is.

Filander sê die polisie het die afgelope paar weke baie suksesse gehad om beslag te lê op verskeie onwettige vuurwapens wat in verskillende skietvoorvalle en klagtes van poging tot moord gebruik is.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article