Claude Chalmers, oudste pa en oupa van Huis Wittekruin, ontvang ’n geskenkpak van Estie de Jager.


RealNet Weskus het Sondag die oudste pa, wat ook ’n oupa is, van Huis Wittekruin, Vredenburg, met ’n spesiale Vadersdaggeskenk bederf.

Volgens Estie de Jager, ’n eiendomsagent by RealNet, het die onderneming op Moedersdag in Mei ook die oudste vroulike inwoner van die tehuis se Moedersdag spesiaal gemaak.

De Jager het Sondag Claude Chalmers (97) se geskenkpak, wat deur RealNet Weskus, Tiny Lead Handmade Soap and Gifts, Smart Snacks, Bekker-plaasprodukte en Impala-slagtery geborg is, namens die agentskap se eienaars, Natasha Kotzé en Lizette Wiseman, gaan oorhandig.

RealNet Weskus wou graag ’n spesiale pa in sy goue jare op Vadersdag vir sy insette en wysheid, wat hy oor die dekades aan die jonger geslag uitgedeel het, bedank.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article