Die Bybel sê ouderdom is ’n sierlike kroon, en dít word bereik deur dié wat reg lewe.

Om ’n hoë ouderdom te bereik, is ’n groot voorreg, en met die grysheid kom die wysheid.

Ons goue oues is kosbaar, maar tog is die verwaarlosing van ouer mense só algemeen.

Terwyl ons werkende generasie met ons besige lewe voortgaan en kinders grootmaak, sit mense in ouetehuise en vergaan in eensaamheid. Al wat hulle vra, is net ’n bietjie geselskap. As jy nog ’n ouma of oupa, pa of ma het wat lewe, is jy skatryk. Gaan kuier tog ’n bietjie – voordat die kans verbygaan.

En as jy nie meer grootouers het nie, gaan hoor by jou plaaslike ouetehuis of daar ’n bejaarde is wie se familie nie gereeld kom kuier nie. Gaan kuier vir daardie bejaarde, al het jy net ’n uur om elke twee weke af te staan. Jy sal verbaas wees hoe baie daardie eensame mens jou opregte geselskap en omgee geniet. Onthou – ouderdom wag vir ons almal, maar ons kan langer mobiel en gesond bly as ons na onsself omsien. Die oues wat aan die Goue Spele deelgeneem het, is ’n goeie voorbeeld vir ons.

Op ’n ander noot – dis regtig hartseer nuus oor die twee bejaardes wat in hul huis in Darling doodgebrand het . . .

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article