Die Suid-Afrikaanse polisiediens is dringend op soek na oud-konstabels, -sersante en -adjudant-offisiere om weer by die diens aan te sluit en as speurders opgelei te word.
Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, is die herwerwingsveldtog om voormalige lede ter werf van stapel gestuur om die polisiediens se speurdiensvermoë te verbeter.
Voormalige lede moet jonger as 55 jaar oud wees op 24 Julie, die sluitingsdatum vir aansoeke.
Oud-lede wat wil aansoek doen, moes aangestel gewees het as konstabels, sersante en -adjudant-offisiere in die polisiediens in terme van die Polisiedienswet 68 van 1995.
Suksesvolle kandidate sal drie maande speuropleiding kry.
Aansoekvorms kan by alle polisiestasies afgehaal word of afgelaai word van die polisiedienswebwerf by www.saps.gov.za.
Nog omvattende vereistes word op die webwerf onder “Re-enlistment” uiteengesit.



