Die ou Samancor-mynwerkers by Chemfos wil hul ongelukkigheid bekend maak.
In 1991 het die bestuur van Chemfos ons meegedeel dat die fabriek gaan sluit en die huise wat aan ons gegee is, gesloop gaan word. Ons is gesê om ander huise te kry.
Ons as werkers het begin huise deur die banke koop en baie van ons het ook begin grond uit ons eie sakke by die munisipaliteit koop.
In Junie 1993 het die maatskappy finaal gesluit en in 1994 het onbekende mense die huise bewoon.
Ons is teleurgesteld en seer om dit te aanskou nadat ons in kennis gestel was dat die huise gesloop sou word.
Baie van ons het die huise wat ons by die banke gekoop het, verloor weens werkloosheid.
Dit is vir ons ’n ernstige probleem en daarom moet ons ons tot ’n sterker organisasie wend om ons te help om die regte stappe te neem.
As daar enige organisasie is of iemand wat ons kan help, bel asseblief vir J. Frans by 073 513 3161 of C. May by 072 637 0006.



