’n Vrou van Welkom is vyf jaar tronkstraf opgelê nadat sy ’n gastehuis in Langebaan, wat sy opgepas het, besteel het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, woordvoerder van die plaaslike polisie-kluster, het Elise Borman (45) die betrokke gastehuis in die Langebaan Country Estate vir die eienaar opgepas toe die misdaad gepleeg is.

Helfrich sê Borman het tussen November 2019 en Februarie 2020 die inhoud van die gastehuis verkoop en die geld in haar eie sak gesteek.

Sy het sowat R59 570 van die gastehuis se huishoudelike goedere verkoop.

Borman is op 31 Mei in die plaaslike landdroshof vyf jaar effektiewe tronkstraf opgelê.

Die diefstalsaak is deur adjudant-offisier Nella Zeman van die Langebaan-polisie ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article