Die polisie het twee onwettige immigrante, wat Saterdag (24 Junie) in ’n Vanrhynsdorpse kroeg oproerig geraak en skade van R6 000 aangerig het, om 01:00 op die perseel in hegtenis geneem. Die mans, onderskeidelik 41 en 29 jaar oud, het Maandag (26 Junie) in die rondgaande landdroshof in die dorp verskyn.

Die polisie van Clanwilliam ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat ’n 50-jarige man Saterdag om 18:40 op die R364-Clanwilliam-pad doodgery is. Die oorledene was glo onvas op sy voete en het voor ’n aankomende bakkie geval toe dié by hom verbygery het.

Die Saldanha-polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord nadat ’n 44-jarige man Sondagmiddag in die linkerarm geskiet is.

Lede van die publiek het die Malmesbury-polisie ingelig dat ’n 37-jarige man ’n onwettige vuurwapen in sy huis versteek. Hy is Saterdag (24 Junie) om 17:00 in hegtenis geneem nadat dié vuurwapen in sy sitkamerbank gekry is. Die verdagte het Maandag (26 Junie) in die Malmesbury-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van ’n vuurwapen.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article