Die Saldanha-polisie het op ’n groot hoeveelheid drank by ’n bergplek in die dorp beslag gelê.


Die Saldanha-polisie het die afgelope week een verdagte in hegtenis geneem weens handel in alkohol sonder ’n dranklisensie.

AO Yolanda Kotze, ’n woordvoerder vir die Saldanha-polisie, sê die polisie het op ’n groot hoeveelheid drank beslag gelê wat in die verdagte se besit gevind is. Dié drank word veilig gestoor en sal later ingevolge die polisie se standaardbeleid vernietig word.

Kapt. Tania Helfrich, ’n woordvoerder vir die Weskus-polisiedistrik, het voorheen aan Weslander bevestig die misbruik van alkohol is dikwels ’n faktor wanneer geweldmisdaad of moord gepleeg word.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article