Toenemende klem val deesdae op verantwoordelike joernalistiek. Verlede Woensdag het die Reuters-instituut aan die Oxford-universiteit sy jaarlikse opname vrygestel oor die vertroue wat mense in media-instellings stel.

News24 is die vierde agtereenvolgende jaar SA se mees betroubare nuusbron.

Adriaan Basson, hoofredakteur van News24, het gesê: “Vertroue is ’n joernalis se waardevolste kommoditeit. Dit is moeilik, selfs onmoontlik, om te herwin as jy dit eers verloor het. Vertroue beteken om jou feite reg te kry. Dit beteken om vreesloos te wees in jou najaag van diegene wat mag misbruik, of dit nou politici, sakelui of onderwysers is.”

Dus streef ons daarna om sekere reëls na te kom voordat ons iets publiseer wat op sosiale media verskyn het. Dit is: Wat is die werklike feite? En, wat is die agenda?

Dit lei egter dikwels tot kritiek omdat feitlike beriggewing soms teenstrydig is met sensasionele gerugte wat op sosiale media versprei word. Die rol van die media was nog altyd om as waghond op te tree en om lesers met betroubare inligting te bemagtig. Prof. George Claassen, ons ombudsman, skryf vandeesweek ’n baie insiggewende artikel (hieronder) oor die druk wat sosiale media op gemeenskapskoerante plaas – om juis meer akkuraat en meer betroubaar te wees. Terwyl iets luidkeels op sosiale media verkondig word (en daarna dikwels verwyder moet word of waarvoor later verskoning gevra moet word), het ons eers bronne en feite nagegaan en so goed ons kan seker gemaak.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article