Die meeste van die Hoërskool Hopefield se gr. 12-leerders het Vrydag 2 Desember hul laaste vraestel geskryf. Dit is tradisie by die skool dat dié wat wil, hul skoolskoene vir die minderbevoorregte kinders by die hek los en in die skool se swembad spring. Bo spring die gr. 12-leerders Emma Guthie, Chylé Mlondolozi, Kiara Kirsten, Tia Brink, Lana Thiart, Martyn Meiring, Dané Schulze en Franco Lindström in die water.


Ons is kláár met skool!

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article