Onderwysers van Hoërskool Vredenburg en OOV-lede het klante by Yukon Spur bedien.

Onnies en ouers span saam


Onderwysers van Hoërskool Vredenburg, onder leiding van Caren Ehlers en OOV-lede van die skool, het Donderdag 5 Maart by die Yukon Spur in Weskus Mall klante bedien om geld vir die skool in te samel.

Die OOV identifiseer geleenthede in die jaar om geld vir die skool in te samel wat gebruik word vir projekte soos die aan­koop van bankies en hul nuutste projek om skadunette vir die leerders op te rig waaronder hulle pouses kan sit.

Hul volgende projek is ’n gholfdag wat Saterdag 18 April in Vredenburg gehou gaan word.

Belangstellendes wat ’n vierbal wil inskryf, ’n putjie of pryse wil borg, kan vir Caren Ehlers by 082 621 9004 of Christo Momsen by 083 650 0989 bel.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 11 June 2026
    Weslander E-Edition – 11 June 2026

Gift this article