‘n Ongeluk het twee geëis Donderdagmiddag.

West Coast Medical Rescue/ Facebook

‘n Ma en kind is Donderdagmiddag (8 Augustus) dood ná ‘n ongeluk op die Weskus-pad (R27).

Kaptein Tania Helfrich, plaaslike polisiewoordvoerder, het bevestig die twee is noodlottig beseer in die ongeluk by die R27-afdraai na Saldanha (TR8051-pad). Volgens noodpersoneel op die toneel blyk dit die motoris het teen die padversperring gebots.

Beide pasiënte het op die toneel aan hul beserings beswyk.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article