Oudleerders van Jurie Hayes Primêre Skool het hul oud- en eerste hoof van die skool, Archie van Schalkwyk, en sy vrou, Freda, vereer. Die onderwyserpaar was in die vroeë jare sestig in die onderwys by Jurie Hayes Primêre Skool. Die groep het ’n reünie gereël en Sondag 16 Oktober in Langebaan bymekaargekom om die geleentheid te vier. Volgens die groep kon van Schalkwyk op die dag met trots sien watter beroep elk van sy leerders ná al die jare gekies het. Hulle het die van Schalkwyk’s bedank vir die respek en dissipline wat hulle as onderwyserpaar oor die jare vir hulle geleer het.


Onderwyserpaar deur oudleerders vereer

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 March 2026
    Weslander E-Edition – 5 March 2026

Gift this article