Diazville Primêr het 73 blokkies seep versamel en aan Siyabonga Care Village geskenk. Die skool beskou homself as ’n waardegedrewe skool en in Junie was die waarde “omgee”. Hulle het die leerders geleer dat ’n goeie manier om te wys dat jy omgee, is om ander te help. Op die foto is die geel groep (graad 4-leerders) by die skoolhoof, Lee-Ann Hartzenberg, en die graad 4-onderwyseresse Helene Heunis en Chantelle Terblanche.


Omgeemaand

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 March 2026
    Weslander E-Edition – 12 March 2026

Gift this article